Kerkraad Steynsrus - 26 September 2013

26 September 2013

Die Voorsitter
NG Kerkraad
Steynsrus
                                                                                                 
WELWILLENDHEIDSPAKKIE

‘n Tyd gelede is daar ‘n welwillendheidspakkie aan my toegeken. Dit was gedoen nadat Miems van Rensburg ongenooid en uit absolute onkunde ingemeng het in my huishouding en so groot gemors veroorsaak het dat ek op daardie tydstip ‘n groot deel van my inkomste verloor het.

Gister moes ek verneem dat die einste Miems van Rensburg nou my pakkie gestop het. My dogter Petro wat gereeld die pakkie gaan afhaal het, was gister verneder toe sy uit die bloute moes uitvind dat die pakkie gestop is. Kon iemand nie net die ordentlikheid gehad het om my te laat weet dat die pakkie gestop is nie? Verder was daar ‘n baie onsmaaklike opmerking deur een van die lede wat ook ‘n pakkie ontvang gemaak. Dit beteken dat almal daar reeds geweet het dat my pakkie gestop is, almal behalwe ek en my dogter. Was dit nodig dat my dogter so verneder moes word? Ek weet ook nie wat die rede is waarom die pakkie gestop is nie.

Miems van Rensburg put baie duidelik ‘n genot daaruit om mense te verneder. Op ‘n stadium het Miems my dogter genader om in haar huis as ‘n bediende te werk. Daarmee het ons nie ‘n probleem nie en het Petro dit ook gedoen. Daar was selfs tot op ‘n maandelikse bedrag besluit wat Petro sou verdien. Na twee dae het Miems natuurlik besef dat die werkery ‘n logistiese probleem vir haarself veroorsaak en het sy Petro se werkery gestop. Die gevolg hiervan was dat Miems ‘n verwagting van ‘n werk by Petro geskep het en sonder om ‘n oog te knip daardie verwagting tot niet gemaak net omdat dit haar nie meer pas nie. Tallemaal daarna het Miems verdere verwagtinge by Petro geskep van sogenaamde werke wat sy vir Petro gekry het en dat sy wat Miems is vir Petro die besonderhede sou bring. So is daar ook al beloftes gewees van werke waar selfs verblyf betrokke was met die bedrae en elke ding. Nodeloos om te sê Miems het nooit ooit terug gekom met enige besonderhede van enige van die kamstige werke wat sy sou kry nie. Wat makeer Miems om sulke sinnelose verwagtinge te skep of dink sy nie voordat sy enigiets sê of doen nie?

Vir maande lank was ek op ‘n weeklikse basis deur die predikant by die ouetehuis verneder. Elke week wanneer die predikant die ouetehuis besoek, het hy almal op die naam gegroet en dan my geignoreer asof ek nie bestaan nie. Ek het my hierdie aksies nie verbeel nie want tydens die amptelike huisbesoeke het die predikant my doelbewus oorgeslaan. Die diaken het presies dieselfde gedoen deur almal in die wyk te besoek behalwe vir my. Van die ouderling was daar nooit enige teken van ‘n besoek nie.

Ons probeer darem nog om iets te doen. Moet ons ook eers versleg tot op die punt waar ons niks doen nie en net wil ontvang? Of moet ons ook eers begin rondslaap en buite egtelike kinders kry voordat ons in aanmerking kom vir iets? Dit lyk na die wenresep want ons wat nie so lewe nie van ons word weggevat en kry ons net die leë beloftes.

Ek verneem graag dringend wat my posisie is by die NG Kerk.




Wanda du Plessis