Algemene Sinode

1 Februarie 2015

Die Sekretaris
Algemene Sinode van die NG Kerk
Posbus 13528
Hatfield
0028

Geagte Dr Gerber
                                                                                                 
NG KERK STEYNSRUS

Ek het nooit in my lewe gedink dat ek sal opstaan en enige kerk sal slegmaak nie, maar ek het ook nooit gedink dat enige mense so sleg deur ‘n kerk behandel sal word nie. Ek was met ‘n skok ontnugter oor hoe blatant ‘n kerkraad en predikant agteraf en kleinlik kan wees. Ek kan nie getuig oor hoe dit in ander gemeentes gaan nie, maar  daar is genoeg rede om te glo dit gaan nie veel beter in die Vrystaat Sinode nie.

Ek gaan nie weer die hele relaas uiteensit van wie en hoe mense te nagekom is nie. Kortom is die feit dat die NG Kerk Steynsrus links en regs mense te nakom en dat niks gedoen word om die sake reg te stel nie. Daar word geensins op korrespondensie gereageer nie. Geen poging word eers aangewend om die sake te bespreek nie. Die een saak is na die Vrystaat Sinode verwys en daar was ‘n trae reaksie, asof niemand weet wie nou eintlik die saak moet hanteer nie. Die uiteinde was dat die saak net so hangende in die lug gelos is.

Die tersaaklike korrespondensie kan op hierdie webtuiste gevind word:


My teleurstelling in die NG Kerk kan nie in woorde beskryf word nie. Al wat in my gedagtes kom is dat die optrede van die NG Kerk die mees onbekaamste en die mees veragtelikste is wat ek nog belewe het.

Vriendelike Groete

Owen de Scally

Afskrifte aan:
NG Kerk Steynsrus
Vrystaat Sinode