Brief aan Ds Botha (Engo) - 22 Julie 2015


22 Julie 2015

Die Hoofdirekteur
Engo
Posbus 12552
Brandhof
Bloemfontein
9324

Geagte Ds W J Botha
                                                                                                 
ONZE RUST SORGSENTRUM VIR BEJAARDES, STEYNSRUS

Hierdie brief handel NIE oor al die ernstige oortredings wat personeelledes begaan het en nooit daaroor aangespreek is nie.

Hierdie skrywe handel oor die wyse waarop u en u organisasie Engo en Onze Rust my as mens en as personeellid behandel het. Vir vier jaar was ek getrou en lojaal teenoor Onze Rust en die inwoners. Ek wat ONSKULDIG is word as ‘n sondebok gebruik om beweerde misdade wat ander personeelledes gepleeg het in Onze Rust te verbloem en toe te smeer en word ek as ‘n ONSKULDIGE op die mees onmenslikste, onchristelikste en verfoeilikste wyse behandel en afgedank.

Vir meer as ‘n jaar lank was ek in Onze Rust geteister en ook aangerand in die kantoor van Onze Rust deur ‘n personeellid se vriend wat om geen rede elke dag by Onze Rust rondgelê het. Ek het feitlik elke dag by die kantoor daaroor gekla en niks is aan die situasie gedoen nie. In teendeel het die bestuurderes my gedreig dat ek nie hierdie persoon mag konfronteer nie en indien ek ‘n saak van aanranding teen hierdie persoon maak en die sorgsentrum se naam kom ter sprake dan word ek afbetaal. Dit is SIEK en druis in teen enige vorm van menslikheid. Die ergste is dat ‘n raadslid bewus was van hierdie ongeruimdhede.

Op 2 Desember 2014 doen Magda van Niekerk, nogal ‘n direkteur van Engo, ‘n ondersoek en ondervra my oor sake wat ek nie eers bewus was bestaan nie. Sy beskuldig my summier dat ek skuldig is. Sy het egter geweier om enige getuies in die sake te ondervra wat teenstrydig is met die Arbeidswetgewings wat daar gestel is om regverdigheid in die werkplek te verseker. Haar ondersoek was dus onvolledig en onregverdig en hierdie ondersoek hoort net op een plek: die ashoop! Duidelik het sy geen benul om ‘n ondersoek te doen nie, maar nogtans gaan sy voort om my aan te kla.

Die aanklag self was baie onduidelik en vaag en was eerder op ‘n ander persoon gemik wat nie by Onze Rust werksaam is nie.

Tydens die interne dissiplinêre verhoor het die voorsitter, Nico Louw, elke denkbare voorskrif vir ‘n regverdige verhoor oortree. Het hierdie persoon geen benul van ‘n interne verhoor nie of was hy aangesê om my skuldig te bevind ongeag die gevolge?? Magda van Niekerk het ook nie geweet wat om te sê nie en duidelik het die verhoor gegaan nie oor wat ek kwansuis verkeerd gedoen het nie, maar dit het 99,99% gegaan oor mnr de Scally wat beweerde misdade in Onze Rust bekend gemaak het. Weereens hoekom dit op my uithaal terwyl Engo en Onze Rust eintlik vir mnr de Scally kwaad is?? Die bestuurderes, Minnie Burger, het ook in die interne verhoor getuig maar ek moet eerlik wees ek weet tot vandag toe nie wat sy eintlik wou sê nie. Weereens het sy getuig oor dinge wat niks met my of my saak te doen het nie, nee weereens het dit als oor mnr de Scally gegaan. Daar was nie ‘n opname gemaak van die verhoor nie en daar was ook nie ‘n notule geskryf nie. Ek het egter direk na die verhoor ‘n volledige dokument opgestel oor wat elkeen in die verhoor gesê het en hierdie dokument sal ek eersdaags op my eie webtuiste publiseer om u instaat te stel om self te lees hoe onregverdig die verhoor was.

Die volgende stap stel Nico Louw ‘n BEVINDING EN AANBEVELING op waarin hy, met alle respek, die beheerraad belieg en bedrieg om my in ‘n slegte lig te stel. Hoe kon hy in elk geval ‘n sinvolle en betroubare bevinding opstel as daar nie eers ‘n notule van die verhoor was nie??

Vir al die beweringe wat ek maak het ek die bewyse en my sieninge word gerugsteun deur die arbeidswetgewings en ook deur deskundiges in die arbeidspraktyk.

Nie tydens die ondersoek, of die interne verhoor, of in die aanbeveling aan die beheerraad, kon daar nie enige iets, selfs nie die grootte van ‘n stofdeeltjie, bewys word dat ek skuldig is aan enigiets van wat  beweer is nie. Hoekom moes ek die onderspit delf vir beweerde misdade wat ander personeelledes gepleeg het en hoekom moes ek boet sodat Onze Rust hierdie misdade kon probeer toesmeer het??

Behalwe dat ek onskuldig is, wat was die finansiële implikasies van hierdie saak? Kortliks kan die volgende uitgewys word:

1. Daar moet etlike maande salaris aan my betaal word.
2. Daar moes ‘n voertuig drie keer vanaf Bloemfontein na Steynsrus toe ry en drie keer vanaf Bloemfontein na Kroonstad toe ry vir hierdie saak. Net die brandstof alleen beraam ek op ongeveer R3 000.
3. Al die afskrifte en uitdrukke van die dokumente wat Engo gebruik het in hierdie saak moet beslis etlike honderde rande beloop.
4. Indien die tyd wat senior personeel aan hierdie saak moes spandeer omgereken word in geld, sal dit ‘n astronomiese bedrag in die hoë duisende beloop.

In my opinie behoort die Departement Sosiale Ontwikkeling bewus gemaak te word oor hoe die staatsubsidies en inwonersgelde misbruik en verkwis word.

As in ag geneem word dat ek onskuldig is, word die vraag gevra of hierdie saak enigiets vir Engo of Onze Rust die moeite werd was. Of is dit die prys wat betaal moet word vir onbekwame personeel?

Ons as personeel was al gedreig dat ons nie mag praat indien ‘n misdaad teenoor ‘n inwoner waargeneem word nie. Tydens my interne verhoor het Magda van Niekerk by implikasie dit ook duidelik gestel dat daar verhoed moet word dat ‘n aanranding op ‘n inwoner aangemeld word. Besef niemand by Engo en Onze Rust dat dit op sig self ‘n misdaad is om nie ‘n ander misdaad aan te meld nie? Word daar dus van onskuldige personeel verwag om misdadigers te wees?

U sal verstaan dat ek verbitterd voel oor dit wat aan my gedoen was terwyl ek onskuldig is. Vir vier jaar was ek lojaal en ten spyte daarvan dat ek gereeld waargeneem hoe inwoners te na gekom word het ek nooit enigsins iets daaroor aan enigiemand gesê nie. U sal besef dat indien mnr de Scally enigsins bewus was van die wandade wat ek oor ‘n tydperk in Onze Rust waargeneem het, sou hy sonder twyfel dit skriftelik bekend gemaak het en ook gepubliseer het. Het hy enige dokumente van hierdie wandade na u of enige ander personeellid gestuur? NEE want ek het nie my waarnemings oorgedra nie. So hoekom my beskuldig? Dit waarvan ek beskuldig was terwyl ek onskuldig is, is presies wat ek nou gaan doen.

Genugtig ds Botha u is immers ‘n predikant van die NG Kerk en hoe kon u toelaat dat u organisasie Engo wat ‘n sub-program van die NG Kerk is, my op so onmenslike, gewetenlose, gevoellose en ONCHRISTELIKE wyse vernietig as mens?!! Oral is dit telkens geopper dat Engo ‘n christelike organisasie is, veral as hulle ‘n nie ‘n vraag kon antwoord nie. In my opinie is al wat van die NG Kerk oorgebly het is leuens en misdaad. Dit is ‘n skande voor GOD!

Ek word gereeld deur die publiek en inwoners van Onze Rust gevra wat aangaan omrede ek nie meer by Onze Rust werksaam is nie. In my opinie is die publiek geregtig om van die feite kennis te dra en ek dink dit goed om ‘n kopie van hierdie brief aan elke inwoner van Steynsrus te voorsien sodat dit nie vir my nodig sal wees om elkeen individueel in te lig nie. Ek sal eers op 1 Augustus 2015 gereed wees om afskrifte te maak en te versprei en dan ook op my nuwe webtuiste te publiseer.

Ek glo dat u as die Hoofdirekteur van Engo en as ‘n predikant van die NG Kerk ‘n regverdige mens is en dat u hierdie onregverdige verloop van my saak sal ondersoek en tot op die been blootlê. U is welkom om met my samesprekings te voer oor hierdie aangeleentheid. Indien u egter dit eerder so sou verkies, is u welkom om alle aspekte van my onregverdige behandeling en verhoor in detail te lees wat ek stelselmatig op my onderstaande webtuiste sal publiseer.

Ek glo dat hierdie aangeleentheid op ‘n beskaafde wyse aangespreek sal word.

Vriendelike groete



Wanda du Plessis

LW. Hierdie brief is geredigeer vir publieke plasing.