Sinode Vrystaat - EPoste - Dr Carin van Schalkwyk

Klagte Steynsrus
4 messages

Carin van Schalkwyk Fri, Mar 7, 2014 at 1:43 PM
To: bookstore6@gmail.com, "KOMMUNIKASIE (Thea)

Best Wanda

Hiermee erken ek ontvangs van jou epos. Ek sal bly wees as jy vir my al die ter saaklike dokumentasie kan epos, sodat ek volledige prentjie kan vorm en jou kan help om met die regte persone oor die saak kontak te maak. Ek kan my nie uitlaat oor wat gebeur het sonder die dokumente nie. Ek kan wel bevestig dat die Interimkomitee oor die saak gepraat het en gevoel het dat hulle nie oor die kop van die Ring wil spring nie, aangesien die protokol in sulke situasies is dat die Ringskommissie die saak moet hanteer op advies van ds Helgard Janse van Rensburg van die Sinodale Taakspan van Regte.

Ek help jou graag met al die ter saaklike kontaknommers en epos-adresse.

Ek sien daarna uit om weer van jou te hoor

Groete
Carin van Schalkwyk
Skriba: Moderamen Vrystaat Sinode



Bookstore <bookstore6@gmail.com> Sat, Mar 8, 2014 at 5:17 AM
To: Carin van Schalkwyk

Beste Carin
Baie dankie vir die terugvoer.
Hierby die volgende dokumente:

Brief aan die Sinode gedateer 21 Januarie 2014
Brief gedateer 26 September 2013
Brief gedateer 10 Desember 2013
Ek hoor graag van u.
Groete
Wanda du Plessis


2014-03-07 13:43 GMT+02:00 Carin van Schalkwyk:
[Quoted text hidden]

3 attachments

VrystaatSinode.doc
35K

26September2013.doc
31K

10Desember2013.doc
30K

Bookstore <bookstore6@gmail.com> Wed, Mar 26, 2014 at 3:41 AM
To: Carin van Schalkwyk

Beste Carin
Het u dalk al die geleentheid gehad om na die saak te kyk?
Daar moet tog seker een of ander vorm van dissipline in die NG Kerk organisasie wees om 'n kerkraad en predikant aan te spreek wat fouteer. Daar sal sekerlik tog iemand wees wat oor die gesag beskik om die aanspreek werk te doen?

Hierdie aangeleentheid gaan nie net om my en my behoeftes nie. Ek is bewus van verskeie lidmate wat voel hulle is so sleg behandel deur die kerk dat hulle sonder om die NG Kerk kennis te gee, summier by ander kerke aansluit. Net die laaste 10 dae was daar vier lidmate met my in kontak wat ook sleg behandel was en nou by ander kerke wil aansluit. Omrede die betrokke lidmate nie kennis gee dat hulle die NG Kerk verlaat nie, het tot gevolg dat die predikant en die kerkraad en enige hoër gesag nie altyd bewus is van ongeruimdhede wat in die kerk plaasvind nie. Dit is dus ook in die NG Kerk se belang dat sake soos hierdie daadwerklik aandag geniet.
Al die lidmate wat reeds die NG Kerk hier verlaat het en die wat van voorneme is om die kerk te verlaat, voel eens dat hulle soos honde in hulle eie kerk behandel was. Dit is 'n baie ongesonde situasie.

Ek vertrou om weer van u te hoor.
Groete
Wanda du Plessis


2014-03-08 5:17 GMT+02:00 Bookstore <bookstore6@gmail.com>:
[Quoted text hidden]

Bookstore <bookstore6@gmail.com> Thu, Apr 3, 2014 at 3:35 PM
To: Carin van Schalkwyk

Beste Carin
Vir drie maande was ek aan 'n lyntjie gehou deur die NG Kerk Steynsrus. Dit is nou reeds twee en 'n half maande wat ek geen antwoord gekry het van enige iemand van die Vrystaat Sinode se kant af nie. Swak.
Groete
Wanda du Plessis


2014-03-26 3:41 GMT+02:00 Bookstore <bookstore6@gmail.com>:
[Quoted text hidden]