Sinode Vrystaat - EPoste - Ds Jan Lubbe


Klagte : NG Kerk Steynsrus
5 messages

Bookstore <bookstore6@gmail.com> Wed, Jan 22, 2014 at 1:38 PM
To: janxxxxxxx@yahoo.com

Geagte Ds Lubbe
Ingesluit die volgende:
Brief aan die Sinode
Brief gedateer 26 September 2013
Brief gedateer 10 Desember 2013
Laat weet my asseblief of ek hierdie epos na die korrekte adres gestuur het.
Die uwe
Wanda du Plessis

3 attachments

VrystaatSinode.doc
35K

26September2013.doc
31K

10Desember2013.doc
30K

Bookstore <bookstore6@gmail.com> Tue, Jan 28, 2014 at 4:08 PM
To: janxxxxxxxx@yahoo.com

Geagte Ds Lubbe
Graag verneem ek of u my epos van 22 Januarie 2014 ontvang het. Ek is nie seker of ek u epos adres korrek het nie.
Dankie
Wanda du Plessis


2014-01-22 Bookstore <bookstore6@gmail.com>
[Quoted text hidden]

jan lubbe <janxxxxxxxx@yahoo.com> Thu, Jan 30, 2014 at 10:12 PM
Reply-To: jan lubbe <janxxxxxxx@yahoo.com>
To: Bookstore <bookstore6@gmail.com>

Beste Wanda,
Dankie vir jou skrywe.  Ek is jammer dat ek nou eers reageer: ek was die grootste deel van Januarie met siekverlof, en verlede week in Stellenbosch waar ons kinders na die Universiteit moes gaan en gevestig word.  Afgelope paar dae sedert Maandag probeer ek dus net al die werk inhaal en pos hanteer.
Ek neem kennis van die inhoud van jou skrywe.  Ons het môre-oggend 'n vergadering van die Interimkomitee (die dagbestuur van ons moderamen), en sal ek dit dan daar voorlê sodat ons jou kan adviseer oor die goeie wyse om die hele aangeleentheid te hanteer.  Dit is jammer dat sulke gebeure die lewens van gelowiges en gemeentes seermaak.  Sodra ek môre meer duidelikheid het, kom ek terug na jou.
Groete intussen,
Jan Lubbe.

From: Bookstore <bookstore6@gmail.com>
To: janxxxxxxxx@yahoo.com
Sent: Wednesday, January 22, 2014 1:38 PM
Subject: Klagte : NG Kerk Steynsrus
[Quoted text hidden]

Bookstore <bookstore6@gmail.com> Tue, Feb 11, 2014 at 5:14 AM
To: jan lubbe <janxxxxxx@yahoo.com>

Geagte Ds Lubbe
Dankie vir u epos van 30 Januarie 2014. Ek is vol vertroue dat my aangeleentheid nog u aandag sal geniet. Hierdie saak lê my baie na aan die hart en ek hoop nie dit gaan dieselfde paadjie loop as by my kerk nie.
Groete
Wanda du Plessis


2014-01-30 22:12 GMT+02:00 jan lubbe <janxxxxxxx@yahoo.com>:
[Quoted text hidden]

Bookstore <bookstore6@gmail.com> Fri, Mar 7, 2014 at 8:39 AM
To: jan lubbe <janxxxxxxxx@yahoo.com>
Cc: daf@ngkvs.co.za

Geagte Ds Lubbe
Op 30 Januarie 2014 het u vir my 'n baie bemoedigende epos gestuur en ek het werklik gedink dat daar iets aan die situasie gedoen sal word. Weereens net 'n leë belofte? Op 11 Februarie 2014 het ek navraag gedoen maar geen reaksie op my epos.
My situasie by die Steynsrus gemeente kon destyds so maklik opgelos gewees het indien daar dadelik deur die Raadsledes opgetree was. My situasie en behandeling is nie uniek nie, dit vind plaas op 'n gereelde basis en dit sal so voortduur omrede niemand, insluitende die Sinode, iets daaromtrent doen nie. Dit is ook nie moeilik om te begryp dat hierdie gemeente 'n baie duidelike onderskeid tref tussen die gemeentelede volgens hulle finansiële vermoë nie. Is almal tog nie welkom in die Huis van God nie? Indien gemeentelede deur hulle kerke vertrap word, hoeveel waarde kan daar dan nog aan die Bybel en Christenskap geheg word?
Ek is baie teleurgesteld in dit wat eens my kerk was.
Groete
Wanda du Plessis


2014-02-11 5:14 GMT+02:00 Bookstore <bookstore6@gmail.com>: