Kerkraad Steynsrus - 31 Oktober 2010

31 Oktober 2010


Die Kerkraad
NG Kerk
Steynsrus
9515

Geagte Voorsitter

Ek wil net 'n insident onder die aandag van die Raad bring aangesien die kerk ook daarby betrokke is deurdat Miems van Rensburg onder die kerk se naam welsynwerk doen.

Ons het Miems van Rensburg genader op aanbeveling van ds. Quintes Scholtz, om behulpsaam te wees om psigiatriese behandeling te kry vir my seun Jacobus Beukman wie verstandelik gestremd is en erg psigieseafwykings toon. Miems het wel gehelp om Jacobus verwys te kry na Boitumelo maar na 'n persoon wat ook 'n welsynwerkster is.

Sowat 'n maand gelede het Miems egter agter ons rug met Jacobus gepraat en hom allerhande beloftes gemaak van dat sy hom gaan help om in 'n plek in Kroonstad te kom waar hy elke dag net 'n bietjie houtwerk doen en verder baie rustig kan wees. Omdat Jacobus getremd is het hierdie vooruitsig van die "Utophia" wat Miems vir hom geskilder het, heeltemal buite homself geraak en alles rondom hom beskadig en het hy ons soos gemors behandel. Hierdie optrede van Jacobus was nie vir ons vreemd nie aangesien dit al verskeie kere in die verlede gebeur het. Miems het hierdie agteraf gesprek gevoer nadat ons haar by verskeie kere gewaarsku het oor hoe Jacobus optree as jy sekere goed voor hom noem. Duidelik het Miems nie 'n woord gehoor wat ons telkens vir haar gesê het nie of haar doodeenvoudig nie daaraan gesteur nie.

Na hierdie agteraf gesprek van Miems en die feit dat sy nie gou genoeg gereageer het na Jacobus se sin nie, het hy pille gedrink wat hom in die hospitaal laat beland het. Dit is juis oor hierdie tipe optrede van Jacobus wat ons Miems oor gewaarsku het en wat sy summier geignoreer het. Die uiteinde van die saak is dat Jacobus vanaf die hospitaal ingeneem is by Huis Eden.

Miems was baie deeglik bewus van ons finansiele situasie en nadat sy die agteraf gesprek met Jacobus gevoer het, het sy nie die ordentlikheid gehad om die saak eers met ons te bespreek nie of ons darem net in te lig oor wat sy beoog nie. Nee Miems het reageer op ek weet nie wat nie en sonder om vas te stel wat die werklikheid is, doodeenvoudig met haar reëlings voort gegaan, ongeag dat drie ander mense se lewens kardinaal daardeur geraak word.

Nou sit ons met die gemors deurdat Jacobus se gestremdheidstoelaag ons enigste vaste inkomste was en waarvoor ons oor 'n tydperk van 4 jaar meer as R50 000 moes betaal om dit sonder haakplekke te bekom. Nodeloos om te sê dat hierdie gelde ons finansieel geknak het.

Danksy Miems gaan Jacobus se toelaag nou na Huis Eden. Na wat verneem word is Huis Eden 'n toevlugsoord vir straatkinders en dwelmverslaafdes. Met Jacobus se gestremdheid maak hom uiters vatbaar vir ongewenste elemente en kan 'n mens net wonder wat hier gaan gebeur.

Die gevolg van Miems se optrede is dus dat Jacobus nou blootgestel is aan vreemde invloede en dit laat ons sonder enige vaste inkomste. Gaan Miems nou vir ons sorg noudat haar optrede ons sonder 'n inkomste laat? Nee nou sit Miems terug en was haar hande in onskuld. Kortom is Jacobus nou in 'n slegter posisie as voorheen en 3 ander mense se lewens word verwoes deur hulle te laat sonder inkomste.

Ons was altyd onder die indruk dat die kerk se welsyn daar is om mense se lewens te verryk en nie om lewens te verwoes nie. Dankie Miems, knap gedaan!

Ons vra niks van die kerk nie maar ons wil darem ook nie hê dat iemand van die kerk die bietjie wat ons nog gehad het ook moet wegneem nie. Hoe gaan ons ooit weer op iemand vertrou?

Ons hoop hierdie brief sal verhoed dat ander mense se lewens ook verwoes word deur die kerk se welsyn.

Die uwe




Wanda du Plessis