Die Vryburger - 20 Mei 2015

Vrystaat ANC betaal nie subsidies Die Vryburger

May 20, 2015 - Nuus
 
Bloemfontein -. In die Vrystaat is ‘n ernstige maatskaplike krisis aan die opbou.
Verskeie nie-regering welsynsorganisasies (NRO’s) het sover vir die nuwe boekjaar nog geen subsidies van die regering ontvang nie.

Geen reaksie word verkry wanneer korrespondensie deurmiddel van eposse, telefoonoproepe en skrywes probeer word om kommunikasie met die departement te bewerkstellig nie.

Dit word net eenvoudig geignoreer.

Die gevolg daarvan is dat kinders en bejaardes met moeite gevoed en personeel met die minimum tevrede moet wees.  Geld word ten duurste geleen en geldinsamelingprojekte moet onderneem word om fondse te bekom om welsynswerkers te vergoed.

Dit is ‘n krisis wat hom jaarliks herhaal en soos verlede jaar sal daar heelwaarskynlik weer ‘n interdik teen die Vrystaatse Departement van Maatskaplike ontwikkeling bekom moet word om hulle te verplig om die nodige befondsing te doen.

Volgens ds. Willem Botha, hoofdirekteur van Engo en ondervoorsitter van die Nasionale Assosiasie van Welsynsorganisasies, is dienskontrakte wat gedurende Januarie onderteken moes word, nog nie gedoen nie.
Dit veroorsaak dat mense vir lang tye kwalik n stukkie brood op die tafel kry.

‘n Woordvoerder van die departement was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Intussen het die Vrystaatse regering genoeg geld om R60 miljoen aan Estina te betaal wat voorheen betrokke was by die omstrede suiwelplaas-projek is die Vrede-distrik.

My kommentaar:
Ag siestog ds Botha dat die departement darem so naar is om nie te reageer op eposse en korrespondensie nie. Ek wonder of die departement dit nie dalk by Engo geleer het om dit te ignoreer nie. Ek het sekerlik sowat 50 eposse waarop Onze Rust en Engo en die lae gewetenlose NG Kerk nie op gereageer het nie. So die paar eposse waarop die departement nie gereageer het nie is maar eintlik niks in vergelyking wat julle self doen nie!